Lien se Lankstaanskoene 9780624046684
search
  • Lien se Lankstaanskoene 9780624046684

Lien se Lankstaanskoene

R240.00
Tax included Shipped when received from the supplier

Skrywer:  Derick van der Walt

When will I receive my order?

Volume discounts

Quantity Unit discount You Save
5 2.5% R30.00
10 5% R120.00
20 7.5% R360.00
Quantity
Usually ships in 10 days

Lien is die oudste kind in 'n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot armblankes verander het weens die misbruik van trustfondse deur haar prokureurspa, nou 'n gevangene, en haar ma weens haar onvermoe om die situasie te verwerk, 'n alkoholis word. Al wat oorbly van die glans van 'n vroee lewe is 'n woordlose video met grepe uit gelukkige tye saam. Die besorgheid van 'n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit. Vir haar en haar jonger broer, Braam, oor wie sy besorg is, is daar aanpassingsprobleme by die nuwe skool, maar deur veral twee vriende, Wouter en Mimi, elk met hulle eie verwondheid, herwin Lien vir haar 'n eie plek. Sy doen naskool loswerkies vir 'n inkomste, veral om die aand kos op die tafel te kry en te spaar vir wanneer sy eendag oorsee kan gaan. Die behoeftes van die gesin kan egter nie alleen deur die wisselvallige inkomste aangespreek word nie. Terwyl haar ma se alkoholisme tot tragiese dieptes verval, begin sy in 'n vermomming op 'n straathoek bedel, waar sy randkarakters soos Roos en Tibbey leer ken en sy geleidelik hulle vertroue en vriendskap wen. Ondanks uitdagende omstandighede slaag sy daarin om 'n verantwoordelikheidsin te kweek wat hulle posisie as gesin ook geleidelik positief beinvloed. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede. Vanaf die aangrypende openingstoneel word die aandag geboei met stilistiese vernuf, oortuigende karakterisering en geloofwaardige ruimte-beelding.

N9780624046684

Specific References

ISBN
9780624046684
EAN13
9780624046684