
Mia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie. Haar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, se nie eers "More, klas" soos die ander onderwysers nie. Hy se net: "Vandag maak ek maalvleis van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie!"