

Die temas in die Woema Graad 8-Werkboek mik om leerders se estestiese en verbeeldingsvermoë in Afrikaanse Addisionele Taal verder te ontwikkel. Leerders word aan Afrikaanse litêrere tekste en woordeskat blootgestel. Die taalvaardighede waarop gefokus word, is soos voorgeskryf in die KABV vir Graad 7-9:
Hierdie vaardighede word in elke tema herhaal en is soos volg saamgestel:
In die Senior Fase word meer klem geplaas op die onderrig van lees- en skryfvaardighede. Ongelukkig word daar gevind dat leerders se woordeskat dikwels beperk is. In die Woema Graad 8-Werkboek begin elke tema met ʼn Afrikaans-Engels woordeskatlys sodat leerders hulle woordeskat kan uitbrei en verbeter.
‘n Teksgebaseerde benaderings help leerders om te ondersoek hoe tekste werk. Woema 8 sluit begripsvrae in wat leerders toets hoe om na verskillende tekste te kyk, dit te ontleed en hulle te help verstaan hoe dit saamgestel is. In die Woema Graad 8-Werkboek is die fokus op kreatiewe tekste sowel as tekste met realistiese kontekste.
Taalreëls en taalstrukture word in Woema verduidelik – die onderwyser verduidelik dit ook so aan die klas – waarna die leerders die vaardigheid oefen.
Woema Graad 8 dek die volledige reëls sowel as oefeninge van die volgende taalstrukture:
In die tema word taalkonstruksies gedek soos:
Na elke verduideliking volg volledige oefeninge en drilwerk. Hierdie oefeninge word weer in die hersieningshoofstuk herhaal.
Dit is belangrik dat leerders soveel moontlik blootstelling aan teksgebaseerde benaderings kry, maar ook kommunikatiewe benaderings met die aanleer van Afrikaans. Die Vat ʼn Blaaskans-afdeling in elke tema bied jou klas die geleentheid om informeel in Afrikaans te kommunikeer en pret hê. Hier word Afrikaans in ʼn informele konteks vir sosiale en praktiese doeleindes gebruik. Hierdie afdelings sluit die volgende aktiwiteite in:
In hierdie afdeling skep leerders mondeling en geskrewe tekste. Die opdragte is so opgestel dat leerders gelei word om aan hulle teikengehoor en die doel van hulle teks te dink. In die Woema-reeks word leerders met breinkaarte geleer hoe om idees te ontwikkel en logiese argumente te skep.
Sinstrukture, woordgebruik en woordstrukture word in veertien aparte oefeninge hersien.
Sewe gedigte verskyn in hierdie afdeling. Na elke gedig volg vra wat die leerders lei om die gedig verder te ondersoek. Hierdie vrae ondersoek die funksie en betekenis van onder andere beeldspraak en stylfigure, sinstrukture, paragraafstrukture, die gebruik van simboliek, die bou van die gedigte ensovoorts.